Media

Media

26 on Radium featured in TV Series – The Deal

The project that I did 26 on Radium was filmed and it’s been made into the first episode of The Deal TV Series.

Die Burger, 22 March 2013

In en Om die Huis – a section appearing in the local newspaper Die Burger – Giving great tips and advice for in and around the home.

This Article appeared 22 March 2013 for which I was asked to contribute.

Download article by clicking here.

Só kan jou kombuis eerste ‘groen’ vertrek in julle huisword Earl September en Danielle Daniëls Ekovriendelike huise blyk al hoe gewilder te raak, en die kombuis is dalk die beste vertrek in jou huis om daarmee te begin. ’n Ekovriendelike kombuis is een wat vanselfsprekend in sy ontwerp na energieverbruik en besparing deur doeltreffende gebruikstoestelle en omgewingsvriendelike materiaal en produkte kyk, sê Lee Jacobs, binnenshuise ontwerper van die Paarl.

Hy sê om die kombuis ekovriendelik te maak, sal jy veral moet fokus op die uitleg en beligting van die kombuis.

Vir ’n ekovriendelike kombuis is dit raadsaam om seker te maak daar kom genoeg natuurlike lig in die vertrek. Bring ’n ekstra porsie suurstof in met ’n ornamentele plant of kweek kruie op die vensterbank. Foto: EASYLIFE KITCHENS

Svenja Marais, eienaar van Nailed it Projects in Kaapstad, verduidelik ’n ekovriendelike kombuis verseker dat die middelpunt van jou woning goeie gesonde kos én goeie leefstylpraktyke aanmoedig wat sal oorspoel na die ander vertrekke in die huis.

“Om ’n ekovriendelike kombuis te hê, beteken nie dat jy die beste of nuutste tegnologie moet hê nie; jy kan dit ook heel eenvoudig hou.” Die gebruik van natuurlike lig is beslis die eerste ding waarop jy moet let, sê Marais én Jacobs.

“Plaas werksoppervlakke onder of naby vensters. Hierdie werksoppervlakke kan van hout of van herwinbare produkte gemaak word,” sê Jacobs. “Dit is net so aantreklik en duursaam soos graniet.”

Die gebruik van toestelle is ’n sleutelkomponent in die proses om jou kombuis ekovriendelik te maak. Marais stel voor dat jy ’n waterbelugter installeer om die volume water wat gebruik word, te verminder of ’n waterfiltreerstelsel om water te suiwer. “Dit is ’n eenvoudige eenheid wat aan die bestaande kraan gekoppel word en gesonde drinkwater uit die kraan verseker.” Op die kombuis se vensterbank kan jy plantpotjies met kruie plaas.

Dit sal help om koolstofdioksied te absorbeer en suurstof vrylaat, wat goed is vir jou gesondheid. “Dit is ook lekker en gesond om tuisgekweekte kruie in jou kos te gebruik,” sê Marais.

Sy bied ook interessante raad om seker te maak dat jou yskas dig sluit. “Plaas ’n geldnoot teen die rubber van die deur wanneer jy die yskas toemaak sodat die geld in die deur vasgeknyp word. Indien jy die noot op en af kan trek, is dit tyd om die rubberseël te vervang. Jy is nie veronderstel om die noot te kan beweeg nie.”

Daar is ’n paar dinge wat jy by jou kombuis kan voeg wat dit ekovriendelik kan maak. “Gebruik byvoorbeeld omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels.

Kook liewer met gas in plaas van elektrisiteit. Gebruik soveel as moontlik glas as wat jy kan in die kombuis. Dit is omgewingsvriendelik, herwinbaar en is nie ‘onverteerbaar’ soos plastiek nie,” verduidelik Marais. Ook vir mure is daar omgewingsvriendelike raad, sê Jacobs.

“Jy kan kies uit produkte in allerhande kleure en ontwerpe. Glas, plastiek en vlekvrye staal is hoogs herwinbare materiaal. Gebruik hierdie elemente soveel as moontlik in jou kombuis vir versiering en ook vir funksionele gebruike. “Meubels en kragbesparingstoestelle wat herwinbaar of van herwinbare materiaal vervaardig is, is die slimmer keuses.”

Volgens Jacobs fokus baie vervaardigers al geruime tyd op ekovriendelike ontwerpe en is baie van die produkte wat jy deesdae op die mark kry, wel ekovriendelik. ’n Ekovriendelike kombuis beperk jou ook beslis nie wat kleure aanbetref nie. “Span al die natuurlike kleure in om ’n rustige omgewing te skep, dit wil sê van wit, room en groen tot klip en bruin. Die kleur sal egter afhang van jou eie smaak en styl,” sê Jacobs.

Marais sê dat ekovriendelike kleure jou moet laat voel dat jy jou in die natuur bevind. Ligte kleure skep ook die illusie dat daar meer ruimte is, en speel saam met natuurlike beligting om jou kragverbruik te beperk. “In die huidige ekonomiese klimaat en met die groot finansiële druk waaronder ons almal verkeer, kan dit duur raak om jou kombuis oornag in ’n ekovriendelike sone te omskep,” sê Jacobs. “Gebruik inligting soos hierdie en ook ander artikels en bring omgewingsvriendelike veranderinge aan jou kombuis geleidelik aan,” raai hy aan.

Begin op klein skaal om jóú koolstofvoetspoor op ons planeet so klein as moontlik te maak – deur te sorg dat jou kombuis jou eerste ekovriendelike vertrek is.

What is Project Management?

Project Management as a whole can be described as the application of knowledge, skills, tools and techniques to a broad range of activities in order to meet the requirements of a particular project.
Read more

Fee Structures

Consultation fees and hourly rates are available upon request. Project Management fees and material sourcing fees are charged at a percentage of the contractors or suppliers invoice.
Read more

Types of projects undertaken

Any project that requires building or interior work, where the client does not have the time to manage the process, is a project that Nailed It Projects will undertake.
Read more

Media

Read the latest articles that Svenja has contributed to about the Construction and Project Management industry.
Read more